Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Pushback deer Ali en co gie ôs lekker TV

Ek en wifey lê en kyk ’n niewe series op Showmax. Ôs het ’n rule, as daa ’n niewe series ytkom en een van ôs begin it kyk en hou daavan, dan stop jy, en wag soedat ôs it saam kan kyk. Ôs het ek oek nou ’n niewe rule ingebring, nie meer as twee episodes per aand ie. Annes kyk ôs alles en dan is sy sad as sy moet wag virrie next season.

Die series wat ôs nou kyk, Godfather of Harlem, isse classic mob series. Jy het jou drug war, cool gangsters, punch­lines en jou catchy opening theme.

Die series is klaa legend. Ek lê en kyk saam wifey, en dan comment regdee soes my uncle Klasie, “Ek geniet nou rêrag myself met die eskin pack man. Ek geniet nou rêrag myself.”

It is incredible om inne tyd te liewe waa actors soes Forest Whitaker TV series maak. Whitaker speel vi Bumpy Johnson, die godfather vannie title. Meeste vannie characters is based op regte mense. En dai is wat eintlik die beste ding is omtrent ie series, is hoe famous historical characters portray wôd. Is swaa om te convey hoe happy it ’n mens maak as jy mense soos Malcolm X en Muhammad Ali inne niewe way op screen kan sien. Nie as mense op podiums en pulpits of oppie TV nie. Jy sien dai Malcom X wat vriende is met gangsters wat hy geken et voo hy sy liewe omgedrai et. Jy sien dai Malcolm X wat wêk om drug addicts vannie strate af te kry. Jy kom meet ’n Cassius Clay wat noggie Muhammad Ali issie. Wat ge-threaten wôd dee mobsters omme dive te fight.

Die narrative van civil rights en civil disobedience issie slow slog wat it reality is.

As ek iets sien soes Godfather of Harlem, dan begin daa altyd ’n timer in my kop af te loep. Die niewe sense van inclusion en representation is iets wat ek try om nie te attached an te raakie. Wan it kom altyd in tides.

Dit het my laat dink an ’n conversation mette vriend van my wat inne regular office job is, hy vetel my vanne incident wat gebee et nadat hulle company vi maande ammel geforce et inne sensitivity training program.

“Die push-back is real,” het hy gesê vi my. Hulle het recently ’n toxic manager byrie wêk angevat. ’n Middle-aged man, wat al vi jare by die company is. Een vannie juniors het by my vriend kom kla dat die man moeilik is en condescending.

“Kan jy nou imagine, hoe colour ’n mens dai in lat it sense maak. Wan hoe explain ek nou an dai man dat hy sy wêk reg doen, is net sy hele vibe wat die res vannie team unhappy maak. Dai man is vanne tyd wat jy niks te doen het met hoe mense voel oor jou nie. Nou is dai die heel eeste ding.”

Is complex. Ek try vir hom explain dat dai al die jare die ding is, som mense vat maklik aan change en annes sukkel sieke maa.

“Lucky is dit vir julle anneste in julle industry,” shrug hy vi my. Ek try my hardste om nie yt te bas vannie lag ie. “Nuu, ôs industry het dieselfde problem, alles gan goed virre tydjie. Ammel embrace change en dan raak hulle moeg vannit.

“Hulle raak moeg van deel wat hulle behoot, ees deel hulle lekke en dan kom die pushback, ees starag en dan soese hurricane.” Ek sê vi hom hy moenie worry nie, dat nieman regte change kan kee nie, hulle assume hulle kan. Maa hulle is deluded.

Dan kom my mind trug narie series wat ôs biesag is om te kyk, en onthou dat daa ’n tyd was toe ammel se stories een way vetel was en vandag sit ons hie. Nou kan jy ’n storie kyk oppie TV van swat mense wattie gan oo slavery nie, of oo swat mense wat inne wit neighbour intrek ie. Jy kan ’n storie kyk waa ôs met moral ambiguity en psychological complexity portray wôd.

Nie swat mense soes wit mense ôs siennie, maa hoe ôs mekaa vestaan. Al die pushback het ons hientoe gestoot.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.