Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Nadal: ‘Ek was net nie goed genoeg’
Rafael NadalFoto:

Rafael Nadal sê hy het eenvoudig Saterdag “ ’n swak pot gespeel” op ’n kritieke tydstip van sy halfeindstryd teen Daniil Medvedev in die ATP-jaareindtoernooi en nie onder die druk gevou nie.

Die 20-malige Grand Slam-kampioen se strewe na ’n eerste jaareindtitel ooit is Saterdag uitgedoof, toe Medvedev hom met 3-6, 7-6(7/4), 6-3 verslaan het.

Die Spanjaard het op 5-4 in die tweede stel afgeslaan vir die wedstryd, maar kon nie ’n enkele punt in daardie pot wen nie. Medvedev het die valbylpot wat daarna gevolg het relatief maklik gewen, en twee keer in die derde stel deurgebreek om die wedstryd te wen.

Maar Nadal sê daar is geen sprake dat sy senuwees hom te bowe gekom het nie.

Ek weet ek het genoeg wedstryde in selfs moeiliker situasies en belangriker wedstryde as hierdie gewen.
Rafael Nadal

“Ek dink ek het al genoeg vermag om nie verskonings te soek oor iets soos druk nie,” het hy gesê. “Ek weet ek het genoeg wedstryde in selfs moeiliker situasies en belangriker wedstryde as hierdie gewen.

“Ek voel ek het ’n swak pot gehad. Natuurlik is jy senuweeagtig om ’n wedstryd te wen. Nie net ek nie, almal. Dis normaal om daardie spanning te hê. Ek dink hy het ’n paar goeie punte gespeel en ek het ’n paar foute gemaak. En dis dit.

“Hy het daarna ’n goeie valbylpot gehad. En in die derde stel moes ek my afslaan behou het, ek het in die een pot ’n maklike vlughou gehad om dit te verseël. Klein goedjies maak die verskil. Welgedaan aan hom, en nie goed genoeg aan my kant nie.” – TeamTalk

Meer oor:  Rafael Nadal  |  Spanje  |  Atp-Eindtoenrooi  |  Tennis  |  Halfeindronde  |  Kleibaankoning  |  Verskonings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.