Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Trevor anker weer Bulle-skrum
Trevor Nyakane is terug in die Bulle-voorry vir Saterdag se grote teen die Stormers op Loftus Versfeld. Foto: Gallo Images

Die Springbok-stut Trevor Nyakane is terug in die Bulle-voorry om die Stormers se kragman Steven Kitshoff in die skrums te pak wanneer dié spanne mekaar Saterdagaand op Loftus Versfeld in die Superrugby Unlocked-reeks die stryd aansê.

Nyakane vervang Marcel van der Merwe aan die vaskopkant en is die enigste verandering aan die beginspan wat verlede naweek oortuigend met die Haaie afgereken het.

Jake White, hoofafrigter van die Bulle, het besluit om met die jong Elrigh Louw as steelkant-flank te volhard.

Op die plaasvervangersbank neem Nizaam Carr die plek van Arno Botha in.

Dit sal Saterdag die eerste keer wees wat Carr teen sy voormalige Stormers-spanmaats speel sedert hy uit Engeland teruggekeer het.

Die Bulle se span is:
David Kriel, Travis Ismaiel, Stedman Gans, Cornal Hendricks, Kurt-Lee Arendse, Morné Steyn, Ivan van Zyl, Duane Vermeulen (k), Elrigh Louw, Marco van Staden, Ruan Nortjé, Jason Jenkins, Trevor Nyakane, Johan Grobbelaar, Jacques van Rooyen. PLAASVERVANGERS: Joe van Zyl, Gerhard Steenekamp, Marcel van der Merwe, Sintu Manjezi, Nizaam Carr, Embrose Papier, Chris Smith, Marco Jansen van Vuren.


Meer oor:  Steven Kitshoff  |  Trevor Nyakane  |  Kaapstad  |  Pretoria  |  Rugby  |  Bulle  |  Springbok  |  Stut  |  Unlocked-Reeks  |  Stormers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.