Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ons gaan nog ’n grote skok, sê Griekwas
Die kaptein en skrumskakel, Zak Burger, was Saterdag een van Griekwas se uitblinkers. Foto: Gallo Images

Hoewel Griekwas al ses hul wedstryde in die Superrugby Unlocked-reeks verloor het, het hulle ondanks al hul beperkinge gewys hulle kan saamgesels.

Hulle het die Bulle op Loftus Versfeld goed skrik op die lyf gejaag, die Haaie byna verras in Kimberley en die Cheetahs Saterdag in Bloemfontein goed laat sweet.

Die Poubloues het rustyd met 9-8 voorgeloop, maar met 28-9 verloor nadat die tuisspan in die laaste tien minute twee keer gaan druk het.

“Ons het nie die begroting wat die groter unies het nie, maar ons het beslis die talent en die wil om vir mekaar te baklei.

“Ons het gewys in hierdie Unlocked-reeks dat ons goed kan opweeg teen die ander spanne. Ons moet net die hele 80 minute speel,” sê Zak Burger, die kaptein en skrumskakel, wat Saterdag een van Griekwas se uitblinkers was.

Griekwas het ook nie dieselfde diepte wat spelers betref as ander spanne nie. Dit was duidelik toe hulle Saterdag begin plaasvervangers opstuur het.

Dit is een van die aspekte wat Scott Mathie, afrigter, ná die tyd uitgesonder het toe hy gevra is, wat verkeerd gegaan het ná hul goeie eerste helfte.

“Die Cheetahs het beter beheer geneem van hul vaste fasette en dan was daar ons dissipline.

Ons het onsself ’n bietjie in die voet geskiet met ons dissipline by die losgemale. Dit het hulle toegelaat om gebiedsvoordeel te kry wat in die reënweer waarskynlik die grootste voordeel is.
Zak Burger

“Ons het onsself ’n bietjie in die voet geskiet met ons dissipline by die losgemale. Dit het hulle toegelaat om gebiedsvoordeel te kry wat in die reënweer waarskynlik die grootste voordeel is.”

Griekwas is in die tweede helfte kwaai gestraf en die Cheetahs kon heelwat verder gewen het as hulle al hul kanse gebruik het.

Scott Mathie Foto: Gallo Images

“Ek het ook gedink ons plaasvervangers het nie die impak wat verlang is gehad nie,” sê Mathie.

Hy wys daarop dat hulle vir ’n uur in die wedstryd nog goed saamgesels het.

Die vertoning sal die Poubloues opnuut stukrag gee vir hul eerste Curriebeker-wedstryd teen die Leeus Saterdag in Kimberley.

Burger waarsku as hulle speel soos in Saterdag se eerste helfte is die Leeus beslis in vir ’n ding.

Die Leeus het die spanne se Unlocked-wedstryd met 61-31 op Ellispark gewen nadat die tuisspan 21 punte in die laaste tien minute aangeteken het.

Burger wys daarop dat die Leeus lanklaas in aksie was omdat hul wedstryd teen die Pumas op 14 November weens die koronavirus gekanselleer is en hulle toe ’n loslootjie gehad het.

Puntemakers:

Cheetahs 28 (8): Drieë: Andisa Ntsila, Howard Mnisi, Ruben de Haas, Jeandré Rudolph. Doelskop: Reinhardt Fortuin. Strafdoele: Tian Schoeman (2).

Griekwas 9 (9): Strafdoele: Tinus de Beer (3).

 
Meer oor:  Zak Burger  |  Scott Mathie  |  Bloemfontein  |  Kimberley  |  Cheetahs  |  Unlocked-Reeks  |  Curriebeker  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.