Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dobson omtrent bederf met skrum-bielies
John Dobson, die Stormers se afrigter.

John Dobson, afrigter van die Westelike Provinsie, weet dat Frans Malherbe sy vaskopstut in die beginspan gaan wees, maar hoe gemaak met die kritieke posisie van skrum-anker op die plaasvervangersbank vir Saterdag se Curriebeker-rugbywedstryd teen die Blou Bulle op Nuweland?

Neethling Fouché het ’n hoë standaard gestel wanneer hy in Malherbe se plek gespeel het en is waarskynlik in die binnebaan. Maar ná ’n eerste skrum op senior vlak soos Sazi Sandi s’n in die Stormers se sege van 30-13 oor die Cheetahs, is dit nie sommer net ’n uitgemaakte saak nie.

Dis wel nog veels te vroeg om ’n oordeel te fel of Sandi se loopbaan op senior vlak groot hoogtes gaan bereik, maar die aanvanklike tekens lyk goed en hy kon vir ’n geruimte tyd al op goeie afrigting staatmaak.

Sazi Sandi toon groot belofte op vaskopstut vir die Stormers. Foto: Gallo Images

Sandi (22) is ’n voormalige hoofseun van St. Andrew’s College in Makhanda wat in 2017 in die Westelike Provinsie se Rugbyinstituut in Stellenbosch opgeneem is. Hy het in 2018 vir die Junior Springbokke gespeel en by geleentheid vir Salmaan Moerat as kaptein afgelos.

Nes Malherbe, wat hom as een van die voorste vaskopstutte ter wêreld gevestig het, beskik Sandi oor leierseienskappe saam met sy talent.

Oor wat deur sy gedagtes gegaan het voor sy eerste skrum op senior vlak, sê Sandi hy was net in die wolke dat hy sy buiging maak.

“Dit was my doelwit sedert ek in 2017 by die WP aangekom het. Ek het gemaklik en bly gevoel. Natuurlik was ek senuagtig, maar ek is bly dat ek die oomblik met hierdie groep kon deel,” sê hy.

Oor die mededinging om ’n plek in die 23-tal, sê Sandi daar’s ’n puik kultuur onder die vaskopstutte.

“Dis baie gesond. Ons deel inligting oor hoe ons kan verbeter en ondersteun mekaar. Neethling het my volle ondersteuning wanneer hy speel en ek weet ek kan op dieselfde van hom staatmaak. Die steun wat ek by hom gekry het vir ons laaste wedstryd het baie vir my beteken,” sê Sandi.

Ek het ook al soveel by Frans geleer sedert ek aan die begin van verlede jaar in die voorseisoen by die seniors begin oefen het. Frans het geweldige kennis, is toeganklik en ’n baie vriendelike mens.
Sanzi Sandi

“Ek het ook al soveel by Frans geleer sedert ek aan die begin van verlede jaar in die voorseisoen by die seniors begin oefen het. Frans het geweldige kennis, is toeganklik en ’n baie vriendelike mens.”

Vir Sandi was die kaliber van die Stormers se stutte ’n groot oorweging toe hy besluit het om vir die WP te teken.

“Ek het gedink ek kan hier kom leer en ontwikkel in die speler wat ek graag wil wees. Die voorspelers is oorheersend, vaardig en meedoënloos. Jy weet altyd wat jy gaan kry en dit gaan nie vir die ander span mooi lyk nie,” sê hy.

“Elke skrumsessie is van ’n hoë standaard. Jy moet jouself sielkundig voorberei en ’n sekere mentaliteit hê. Die kultuur om ons skrumwerk spoor jou tot ’n hoë standaard aan.”

Sandi se ambisie vir die res van dié seisoen is om soveel as moontlik te groei as ’n speler.

“Enige tyd op die speelveld sal waardevol wees. Ek sal elke sekonde met albei hande aangryp,” sê hy.

Meer oor:  Sanzi Sandi  |  John Doibson  |  Frans Malherbe  |  Kaapstad  |  Nuweland  |  Curriebeker  |  Rugby  |  Stut  |  Haker  |  Westelike Provinsie  |  Blou Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.