Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Bulle is die Liverpool van rugby’

Daar is min klagtes in Pretoria. Dit reën sedert Vrydag heerlik hier en die Bulle is weer die nr. 1-span in Suid-Afrikaanse rugby.

Jake White, afrigter van die Bulle, glimlag Saterdag breed met die plaaslike Superrugby-trofee. Foto: Gallo Images

Jake White se Bulle het uiteindelik die bekerdroogte by Lofus Versfeld beëindig toe hulle die Superreeks Unlocked-trofee Saterdag ná ’n sege van 21-5 oor die Pumas in ontvangs geneem het.

Dit is ondenkbaar dat die Bulle voor Saterdag in 2010 laas kampioene was, toe Victor Matfield-hulle in Soweto die laaste van hul drie Superrugby-titels in die bestek van vier jaar gewen het.

Die Bulle het in 2013 nog die halfeindstryd van die Superreeks gehaal, maar daarna het die spreekwoordelike sewe maer jare by Loftus posgevat.

Daar is dikwels skandes gemaak en die span se fanatiese ondersteuners se aptyt vir rugby het mettertyd so gekwyn dat Loftus byna leeg geloop het.

Hulle was moeg vir die span se agteruitgang en het dit die laaste paar seisoene met ’n Loftus-boikot gewys.

In die proses het die afrigters gekom en gegaan. Toe White in Maart vanjaar as direkteur en die nuwe hoofafrigter aangestel is, was hy die vyfde afrigter sedert 2015 ná Frans Ludeke, Nollis Marais, John Mitchell en Pote Human.

White het Saterdag gesê dit is hoekom hy na Pretoria gekom het – sodat die span weer bekers kan wen.

“Daar is nou baie selfvertroue en ’n mate van verligting. “Ons is baie gelukkig dat ons die Bulle-ondersteuners weer trots kan maak.

“Ek het by die Bulle geteken, want dit is ’n slapende reus. “Hierdie is een van dié franchises in die wêreld. Dit is die Liverpool of Manchester United van rugby.

Loftus se trots! Duane Vermeulen, Springbok-agtsteman en kaptein van die Bulle, en sy kampioenspan. Foto: Gallo Images

“As jy kyk na die voorste (provinsiale) spanne in wêreldrugby, tel die Bulle onder daardie spanne.

“Dit is hoekom ek hierheen gekom het, om weer silwerware te wen.

“Ek glo die oudspelers uit die gloriejare sal bly wees om te sien daar is ’n jong groep spelers wat weer iets wen.”

White sê hy sien uit na die dag wat daar weer op ’n Saterdagmiddag ondersteuners deur Loftus se hekke kan stap.

“Ek sou graag wou gehad het dat hier Saterdag ondersteuners kon wees.

“Ek weet uit my dae toe ek die Springbokke afgerig het, wat die skare hier op Loftus beteken en hoe passievol die mense is.

“Daardie dag sal kom en ek sien uit daarna, maar tot dan moet ons die ondersteuners trots maak in hul afwesigheid.”

Die komende naweek begin die stryd om die Curriebeker – self ’n kompetisie wat die Ligbloues in 2009 laas gewen het.

Meer oor:  Jake White  |  Bulle  |  Superrugby-Reeks  |  Superrugby Unlocked
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.