Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bokke soos Errol mor oor Vrystaat-lot

Toyota Suid-Afrika het die week wye steun - onder meer van verskeie voormalige Springbokke - gekry vir sy standpunt dat dit regverdig sal wees as die vier voorste spanne ná vanjaar se Curriebekerreeks tot volgende jaar se Pro16-reeks deurdring.

“Dit is asof Toyota uit Dok (Danie Craven) se mond praat dat verdienste die belangrikste is,” sê Errol Tobias.

Errol Tobias
Errol Tobias

Dié oud-Bok-losskakel stem saam met Toyota dat die vier voorste Curriebekerspanne in die Pro16 moet speel.

“Net so belangrik is dat daar tegemoetkomend opgetree moet word teenoor die spanne wat dit nie maak nie. Daar moet verseker word dat hulle nie vir Suid-Afrikaanse rugby verlore gaan nie.”

Die oud-Bok-kaptein Theuns Stofberg sê SA Rugby se besluit om die Cheetahs op ’n syspoor te rangeer, was uiters kortsigtig en gaan Bok-rugby op die lange duur seermaak. “Die Vrystaat is saam met die WP waarskynlik die grootste voedingsbron van rugbyspelers in Suid-Afrika.”

Frik du Preez, Suid-Afrika se Rugbyspeler van die Twintigste Eeu, sê hy verstaan nie op watter gronde die Cheetahs uit die Pro16 geskop is nie. “Dit is tog ’n oeroue beginsel dat die beste spanne deurdring na die volgende ronde van ’n toernooi. Waarom geld dit nie vir die Suid-Afrikaanse spanne se deelname aan die Pro16 nie?”

Meer oor:  Toyota  |  Theuns Stofberg  |  Errol Tobias  |  Cheetahs  |  Pro16  |  Frik Du Preez  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.