Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Brad Binder buit MotoGP se Groentjie-kroon
Die Krugersdorper Brad Binder het sy eerste MotoGP-seisoen as Nuweling van die Jaar afgesluit. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se gevierde motorfietsjaer Brad Binder (KTM) is ondanks groot teëspoed Sondag in die Portugese Grand Prix steeds as MotoGP se Nuweling van die Jaar gekroon.

Die MotoGP-ren in Algarve is deur die Portugese jaer Miguel Oliveira (KTM Tech3) gewen, nadat hy van die begin af voorgejaag het. Hy het die podium gedeel met Jack Miller (Pramac Racing) en Franco Morbidelli (Yamaha).

Oliveira sal aanstaande jaar saam met Binder vir die KTM-fabriekspan jaag, en was in die wolke oor die hoogtepunt waarmee hy die Tech3-span kon groet.

“Dis ongelooflik. Jy droom van dié renne en om dit (’n sege) uiteindelik reg te kry, is ongelooflik,” het Oliveira gesê.

Dis ongelooflik. Jy droom van dié renne en om dit (’n sege) uiteindelik reg te kry, is ongelooflik.
Miguel Oliviera

Die MotoGP-wêreldtitel is reeds verlede week deur Joan Mir (Suzuki) beklink, maar die vervaardigerstitel en Nuweling van die Jaar-toekenning moes nog Sondag bepaal word.

In eersgenoemde het Ducati met die louere weggestap, terwyl Binder die Nuweling-trofee ontvang het al het hy nie die laaste ren van sy eerste MotoGP-seisoen voltooi nie.

Brad Binder (links) stof vir Alex Marquez uit in Sondag se Maleisiese Moto2-Grand Prix in Sepang. Foto: Reuters

Binder (87 punte) was voor die ren reeds 20 punte voor Alex Marquez (Honda), die enigste groentjie wat hom nog kon uitstof. Dit het beteken dat Marquez (die jonger broer van die sesmalige MotoGP-kampioen Marc) moes hoop Binder kry geen punte nie en self moes wen of tweede eindig om die Suid-Afrikaner se partytjie te bederf.

Binder het inderdaad geen punte by sy totaal gevoeg nie, nadat hy in die tweede rondte meganiese probleme gehad het en hard met Moeder Aarde kennis gemaak het. Hy is na ’n mediese sentrum geneem om seker te maak hy is nie ernstig beseer nie, en moes toe sit en asem ophou oor Marquez se vertoning.

Maar Marquez moes uiteindelik met die negende plek en net sewe punte tevrede wees. Hy het 13 punte agter Binder op die punteleer geëindig.

Binder het sy eerste MotoGP-seisoen in die elfde plek op die leer voltooi, met Marquez veertiende.

• In die Moto3-ren het Darryn Binder sesde geëindig. Die ren is is deur Raul Fernandez gewen, met Dennis Foggia tweede en Jeremy Alcioba, wat ook die die Nuweling van die Jaar was, derde.

Die wêreldtitel vir Moto3 is deur Albert Arenas (Gaviota Aspar) gewen. Binder het agtste in die kampioenskap geëindig. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Brad Binder  |  Gauteng  |  Portugal  |  Suid-Afrika  |  Grand Prix  |  Motorfietse  |  Motogp  |  Motorsport  |  Nuweling Van Die Jaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.