Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Knights hou asem op oor Gerald

Die Knights se groot boulangel, Gerald Coetzee, kan die amptelike begin van die krieketseisoen weens ’n besering misloop, wat sy kanse om vandeesmaand by die nasionale groep betrek te word, ook ’n knou sal gee.

Die snelbouler Gerald Coetzee het ’n dyspierbesering opgedoen. Foto: Gallo Images

Die belowende Coetzee, wat vandeesmaand 20 jaar oud geword het, het Woensdag in ’n veldwerkoefening ’n dyspierbesering opgedoen.

Die Knights begin hul veldtog in die plaaslike meerdagreeks Maandag in Bloemfontein teen die Warriors.

Allan Donald, afrigter van die Knights, het groot geskrik met Coetzee se besering en gee toe hy het die ergste verwag.

“ ’n Skandering later het gewys dis darem nie baie ernstig nie,” sê Donald.

Die breier sal eers vir die uitslae van Vrydag se Covid-19-toetse, soos protokol verlang, moet wag voordat hy sy groep van 13 spelers vir volgende week se kragmeting kan finaliseer.

Donald sit met ’n lekker tameletjie wat sy keuse van kolwers betref. Hulle was almal goed op dreef in die vier onderlinge opwarmwedstryde waarin veral Jacques Snyman gewys het hy gaan moeilik weggelaat word.

Die keurders het ’n moeilike taak, want hulle kan ingevolge Krieket Suid-Afrika se transformasiereëls dalk net twee erkende kolwers kies uit Snyman, Raynard van Tonder, Pite van Biljon en Andries Gous. Indien hulle drie kolwers uit dié groep kies, sal een van die boulers Coetzee, Migael Pretorius of die draaier Shaun von Berg weggelaat moet word. Die kolfblad en Coetzee se besering sal bepaal wie volgende week ingespan word.

Sommige ouens gaan ’n bietjie ongelukkig wees.
Allan Donald

Donald verwelkom die lekker probleem waarmee hulle sit wat talentvolle spelers betref.

“Sommige ouens gaan ’n bietjie ongelukkig wees,” sê die breier.

Snyman was vooraf op sy stukke met kolfbeurte van 125, 85 en 105* in ’n vierdag-, eendag- en tweedagwedstryd. Van Tonder, Gous en Grant Mokoena was die ander kolwers wat ook honderdtalle behaal het.

Die meeste van die kolwers het baljaar in die speeltoestande, terwyl die boulers behoorlik gesweet het.

Dit pla Donald nie veel nie. Hy wys daarop hulle wou die boulers in die toestande staal vir wat kom.

“Dit plan was om hulle vir lank op hulle voete te hê en om baie boulbeurte in te kry. Ek is tevrede met hoe dit gegaan het, al was dit taai vir die boulers.”

Meer oor:  Bloemfontein  |  Knights  |  Allan Donald  |  Krieket  |  Gerald Coetzee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.