Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
2021 se Boston-marathon óók uitgestel

Nadat vanjaar se Boston-marathon die eerste keer in 124 jaar nie kon plaasvind vanweë die Covid-19-pandemie nie, het die organiseerders van dié prestigeryke wedloop boonop aangekondig dat die 2021-wedloop nie voor “minstens die herfs” in Amerika gehardloop sal word nie.

Buiten die Boston-marathon, is die Londen-marathon van 2021 reeds geskuif tot na ’n latere stadium in volgende jaar. Foto: Getty Images

Dié gewilde wedloop word normaalweg op die derde Maandag in April gehou, maar volgens die Boston Atletiekvereniging (BAA) word padwedlope nog kragtens Massachusetts se heropeningsplan verbied en sal daar nie genoeg tyd wees om die marathon voor April gereël te kry nie – indien dit enigsins sal voortgaan in ’n tyd waar byeenkomste met massadeelname moeilik moontlik is weens die risiko van die verspreiding van die koronavirus.

Marathons wêreldwyd het vanjaar erg hieronder gely en van die sogenaamde Groot Ses-stadsmarathons, kon slegs Londen en Tokio wedlope aanbied waarin slegs ’n handjievol elite-atlete in aksie was.

Benewens vanjaar se Boston-marathon het Berlyn, New York en Chicago s’n almal in die slag gebly.

Die organiseerders hoop om teen die einde van die jaar al ’n datum te kan bevestig. September is die eerste van die herfsmaande in die Noordelike Halfrond.

Die Boston-marathon lok jaarliks sowat 30 000 deelnemers.

Meer oor:  Boston-Marathon  |  Padwedlope  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.