Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kusile se Eenheid 2 laat die rande nou inrol

Bykans ’n hele fase beurtkrag se krag word nou gelewer deur Eenheid 2 van die Kusile-megasteenkoolkragstasie wat Donderdag vir die eerste keer kommersieel in werking getree het.

Die Kusile-steenkoolkragstasie in Mpumalanga. Foto: Wikipedia

Eenheid 2 lewer 800 megawatt (MW) se krag.

“Dit is ’n belangrike mylpaal wat dui op die vordering wat Eskom gemaak het met die voltooiing van die Kusile-projek, wat die land se beste hoop is om kragstabiliteit te bewerkstellig,” sê Bheki Nxumalo, Eskom se groepbestuurder vir kapitaalprojekte.

Die konstruksie van Kusile, die susterkragstasie van Medupi, is jare agter.

Nog net twee eenhede wek kommersieel krag op nadat die projek reeds in 2007 begin is.

Eskom sê een ander eenheid, Eenheid 3, lewer stuk-stuk krag aan die nasionale kragnetwerk nadat dit in Maart 2019 met die kragnetwerk gesinkroniseer is, maar dit sal nog ’n hele ruk duur voordat dit kommersieel krag kan lewer.

Kusile sal wanneer hy voltooi is 4 800 MW se krag lewer, wat ’n beduidende verskil sal maak aan die voortslepende kragkrisis.

Kusile se uiteindelike opwekkingsvermoë sal dus meer as 10% beloop van Eskom se totale huidige opwekkingsvermoë van sowat 47 000 MW.

Kusile sal met voltooiing die vierde grootste steenkoolkragstasie ter wêreld wees.

Sy susterstasie, Medupi, is ietwat kleiner en maak nie gebruik van nat tegnologie om sulfaat uit die rookgas te verwyder sodat dit nie in die atmosfeer beland nie.

Eskom het Donderdag daarop gewys dat Kusile reeds van die ontwerpstadium af omgewingsvriendelik ontwikkel is.

Medupi se ses eenhede lewer stuk-stuk krag aan die nasionale kragnetwerk. Vyf eenhede is al kommersieel in werking, maar Eskom is vanjaar besig om een vir een eenhede hier af te skakel om ontwerpfoute reg te stel, sodat Medupi daarna teen sy volle potensiaal krag sal kan opwek.

Elke eenheid lewer minder as die 794 MW per eenheid wat hy veronderstel is om te doen.

Meer oor:  Eskom  |  Bheki Nxumalo  |  Kragopwekking  |  Medupi  |  Kusile
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.