Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Projek wil restaurante na sypaadjies uitbrei

Restaurante in Kaapstad se middestad kan nou die sypaadjie voor hul onderneming teen ’n verlaagde tarief huur as deel van ’n plan om meer mense te lok en die ekonomie ’n hupstoot te gee.

Restaurante sal op die manier meer plek hê terwyl die koronavirusregulasies vereis dat mense ’n sekere afstand van mekaar moet handhaaf.

Lede van die Kaapstad-metroraad se ondernemings- en beleggingsafdeling, Kaapstad se stadsverbeteringsdistrik (SVD), James Vos, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede, Grant Twigg, burgemeesterskomiteelid vir stedelike bestuur, en Matthew Kempthorne, voorsitter van subkomitee 16 van die metro, het Woensdag met restauranteienaars oor die projek gesels.

James Vos (met pet), Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede, staan buite een van die restaurante in die Kaapse middestad terwyl die projek aan mense verduidelik word.

Twigg sê die pandemie dwing mense om aan nuwe en innoverende idees te dink. Nuwe sakeverbintenisse moet oorweeg word om restaurante te help met afstandbeheer.

“Om ons ekonomie op dreef te kry is ’n gesamentlike verantwoordelikheid,” sê hy.

Die SVD het die “Come Back To Town”-veldtog begin en beoog om ondernemings, werknemers, sowel as plaaslike, nasionale en internasionale besoekers na Kaapstad se middestad te lok.

Vos sê hy hoop die projek sal almal aanspoor om aan sosiale aktiwiteite in die buitelug deel te neem.

Hy sê die sypaadjieprojek sal werknemers beveilig en die moontlikheid om die virus op te doen verminder.

Vos verduidelik vir werknemers van restaurante hoe die sypaadjieprojek werk.

Luidens die jaarverslag van die SVD beslaan Kaapstad se sentrale sakekern 1,6 km² en was daar aan die einde van 2019 net meer as 3 300 ondernemings waarvan 151 restaurante is.

Subkomitee 16, wat verantwoordelik is vir die middestad, het reeds ’n taakspan saamgestel om ekonomiese aktiwiteite in die middestad te bevorder.

“Die opsie om die sypaadjie te huur is die eerste van vele ingrypings wat die herlewing van die middestad sal help. Ek sien daarna uit om in die komende maande verdere stappe aan te kondig om die middestad en ander kommersiële sentrums in die stad te laat herleef,” sê Vos.

Om meer hieroor uit te vind kliek hier

Meer oor:  James Vos  |  Sypaadjies  |  Restaurante  |  Buitelug  |  Koronavirusregulasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.