Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Suid-Australië wil inperking vroeër beëindig

Suid-Australië was Saterdag op koers om sy streng Covid-19-inperking drie dae vroeër te beëindig en het net een nuwe infeksie aangeteken.

Ander Australiese state het in weke geen nuwe gevalle of sterftes weens die koronavirus gehad nie.

Die inperking, wat mense in Suid-Australië verplig het om tuis te bly en die meeste ondernemings laat toe bly het, is vroeër vandeesweek ingestel nadat ’n man wat positief getoets is vals inligting gegee het, wat vrees vir massa-infeksies laat ontstaan het.

Die inperking, wat ses dae sou duur, sou Sondag opgehef word, hoewel ’n reeks maatreëls sou bly wat groot byeenkomste verbied.

Saterdag se nuwe infeksie bring die gevalle wat verband hou met ’n terugkerende reisiger van Brittanje op 26 te staan. Amptenare sê daar sal oor die volgende paar dae waarskynlik nog gevalle bykom.

“Ons is nog nie buite gevaar nie,” het Steven Marshall, premier van Suid-Australië, op ’n mediakonferensie gesê.

Die buurstaat Victoria, wat maande lank die episentrum van die koronavirus-pandemie in Australië was, het Saterdag sy 22ste agtereenvolgende dag gehad sonder nuwe infeksies en met geen sterftes nie. Victoria het 90% van die land se 907 koronavirussterftes aangeteken.

Nieu-Suid-Wallis, die mees digbevolkte deelstaat waar ongeveer ’n kwart van die 24 miljoen inwoners van Australië woon, het in twee weke geen nuwe koronavirusgevalle gehad nie.

In teenstelling met baie ander ontwikkelde lande het Australië goed daarin geslaag om die virus te beperk danksy vinnige en streng maatreëls. Saterdag was daar slegs sowat 93 gevalle in die hele land.

Meer oor:  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.