Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Bewerings van lyfstraf by 4 skole ondersoek

Bewerings dat leerlinge by vier Oos-Kaapse skole met kieries en rottangs geslaan word, word deur die provinsiale onderwysdepartement ondersoek.

Volgens die departement is die betrokke skole in die Amathole-Oos-onderwysdistrik geleë.

Mali Mtima, woordvoerder van die departement, sê hulle het van die beweerde lyfstraf gehoor toe die leerlinge hul stilswye verbreek en glo om hulp gevra het.

Fundile Gade, LUR vir onderwys, sê hy beskou lyfstraf as barbaars.

Fundile Gade, LUR vir onderwys in die Oos-Kaap. Foto: Argief

Volgens Mtima is die LUR woedend oor die bewerings en is ’n span reeds besig met hul ondersoek by die skole.

“As dit ons werknemers is, sal hulle onmiddellik tydelik geskors word.”

Ouers en skoolbeheerliggame word versoek om waaksaam te wees en alle bewerings van lyfstraf so gou as moontlik by die onderwysdistrikskantore aan te meld.

Gade het skole ook opnuut teen die gebruik van lyfstraf gewaarsku.

“Enigeen wat hieraan skuldig bevind word, sal afgedank word, op ’n swartlys geplaas word en nooit weer in Suid-Afrika skoolhou nie.”

Meer oor:  Skole  |  Fundile Gade  |  Mali Mtima  |  Oos-Kaap  |  Lyfstraf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.