Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vyf vas ná moord op prins Lethukuthula Zulu

Vier vroue en ’n man is Vrydagaand in hegtenis geneem in verband met die moord op prins Lethukuthula Zulu.

Hulle verskyn Maandag op aanklagte van moord en diefstal in die landdroshof in Randburg.

Zulu (50) se lyk is op 6 November deur veiligheidswagte in sy huis in die Graceland-kompleks in Northwold, Johannesburg, gekry. Hy was die oudste seun van Goodwill Zwelithini, koning van die Zoeloe-nasie.

Brig. Mathapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder, het Sondag in ’n verklaring gesê die vroue is van 27 tot 42 jaar oud. ’n 32-jarige man is ook aangekeer.

Prins Lethukuthula Zulu Foto: Argief

“Kritieke bewyse wat maklik oorgesien kon word, is deur die polisie se forensiese span op die misdaadtoneel gevind. Hulle het die bewyse verwerk en die ondersoekspan bygestaan om ’n moontlike skakel met die verdagtes te vind.”

Volgens Peters is verskeie middels tydens die inhegtenisneming by een van die verdagtes gevind. Dié middels is gekonfiskeer en die moontlikheid word ondersoek dat Zulu en ’n sakevennoot bedwelm is voordat kontant en ander waardevolle items by hulle gesteel is.

News24 het vroeër berig dié vennoot het in ’n ander vertrek in die huis geslaap toe die veiligheidswagte daar aangekom het.

“Verskeie ander items, wat vermoedelik gesteel is, is in die verdagtes se huise gekonfiskeer,” sê Peters.

Die ondersoekspan probeer ook vasstel of die verdagtes by soorgelyke misdade betrokke was.

Meer oor:  Prins Lethukuthula Zulu  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.