Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou (78) op hoewe aangeval

’n Bejaarde vrou is presies twee maande nadat haar man oorlede is in haar huis op ’n hoewe buite Bloemfontein aangeval en ernstig beseer.

Willa Greyling (78) is in die Life Rosepark-hospitaal se waakeenheid behandel nadat sy tot Saterdag om 09:00 vir ure lank beseer op die vloer in haar huis in Kwaggafontein gelê het.

Sy is later na die hospitaal se ortopediese afdeling oorgeplaas.

Willa Greyling

Greyling is Vrydagaand laat deur twee mans in haar bed oorval, vasgebind en erg aangerand.

Gustav, haar seun, sê haar borsbeen is gekraak en sy het blou kolle aan haar kop en oor haar hele lyf.

“Twee mans met klapmusse oor die kop het Vrydagaand omstreeks 22:00 die huis binnegegaan. Sy was in die bed en het wakker geword toe die mans komberse om haar draai en dit in haar mond druk. Haar hande het hulle vasgebind met die bedlampie se koord.”

Die mans het die kluis oopgemaak en met sowat R500 en Greyling se selfoon gevlug.

Gustav sê volgens sy ma het die mans “ ’n hoë Engels” gepraat.

Greyling bedryf ’n winkeltjie vir drie gesinne wat op die hoewe woon. Twee mans het Saterdagoggend haar gille gehoor en hulp ontbied.

Gustav sê dit is vreemd dat hulle nie Willie, sy pa wat op 21 September aan kanker dood is, se versameling ou handwapens en byle en spiese gevat het nie.

“Iets is nie pluis nie, want my ma se handsak is uitgegooi, maar die beursie met geld daarin is nie gesteel nie. Die veiligheidskameras se hardeskyf is gesteel, maar nie die kameras nie. Dit is asof dit nie diefstal was nie, maar ’n poging om vrees te saai.”

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek die voorval. Enigiemand met inligting kan brig. Motantsi Makhele by 082 466 7396 kontak.

Meer oor:  Willa Greyling  |  Kwaggafontein  |  Bloemfontein  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.