Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Jong man se lyk langs die pad gevind

Die lyk van ’n 19-jarige man met veelvuldige skietwonde aan sy kop is deur inwoners van Bethelsdorp in Port Elizabeth gevind.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê inwoners het die man se lyk Vrydagaand langs die pad onder bosse opgemerk. Hy was geklee in ’n groen slaapbroek, ’n T-hemp, rooi en donkerblou sweetpakbaadjie en swart skoene. Hy het ook ’n blou gesigmasker aangehad.

Die identiteit van die man is nie bekend gemaak nie, net sy ouderdom.

Die polisie het lede van die gemeenskap gevra om te help om die man se familie op te spoor.

“Die omstandighede rondom die persoon se dood is in dié stadium nog onbekend,” sê Naidu.

Enigeen met inligting wat die polisie kan help in die ondersoek kan insp. Johnny du Toit by 082 442 1667 bel.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Skietwond  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.