Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Heelparty skelms wil skoolhou
Foto: iStock

Jan Alleman het voorheen nie geweet as ’n dief, aanrander of selfs ’n moordenaar vir sy spruit klasgee nie, maar dit het verander.

Tot 59 van die onderwysers wat in die afgelope belastingjaar by die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (Saro) wou registreer, het ’n misdaadgeskiedenis. Onderwysers moes vir die eerste keer ’n polisieondersoek ondergaan voordat hulle by Saro kon registreer.

Benewens dié met vorige veroordelings is 92 onderwysers in die afgelope geldjaar van misdaad van ’n seksuele aard aangekla en 157 gevalle van lyfstraf is aangemeld. Altesame 29 onderwysers met ’n misdaadgeskiedenis is toegelaat om te registreer en 30 word ondersoek, het Saro onthul in ’n voorlegging oor die 2019-’20-geldjaar aan die parlementêre portefeuljekomitee vir basiese onderwys.

Van die 59 met ’n misdaadgeskiedenis is twee moordenaars, 14 aanranders, 16 diewe, twee wat hulle skuldig gemaak het aan gesinsgeweld, een rower, sewe wat dronk bestuur het en twee wat gelieg het oor hul kwalifikasies.

Altesame 29 is geregistreer ná evaluering ingevolge die beleid vir geskiktheid om te onderrig en heraanstelling. Saro het nie op Rapport se navrae gereageer oor waaraan dié 29 hulle skuldig gemaak het nie.

Die meerderheid is goed, maar daar is regtig op die oomblik ’n paar vrot appels, hoor.

Basil Manuel, besturende direkteur van Naptosa, sê dis minstens positief dat dié kwessies nou bekend word. “Onthou, hierdie is die eerste jaar. Voorheen sou hierdie mense net in die stelsel beland het.”

Hy sê misdade van ’n seksuele aard is ’n “absolute nee”, maar alles moet in perspektief gesien word.

Volgens hom is daar ’n horde vrot appels in die stelsel. “Die meerderheid is goed, maar daar is regtig op die oomblik ’n paar vrot appels, hoor.”

Manuel sê hulle het ’n verteenwoordiger in die komitee vir geskiktheid om te onderrig, wat moet besluit of ’n persoon toegelaat mag word om vir kinders klas te gee.

“Daar is regsverteenwoordigers en sielkundiges ook. Hulle kyk na wát die misdaad was, wanneer dit gebeur het, die aard daarvan en of die persoon gerehabiliteer is (met bewyse). Het die persoon ’n appel gesteel of ’n TV?”

Die voorlegging het verder gewys 92 onderwysers is van verkragting of ander misdade van ’n seksuele aard aangekla. Dit is 43% meer as verlede jaar.

Altesame 17 van dié onderwysers se naam is in ’n register opgeneem van persone wat nooit weer met kinders mag werk nie.

Alle onderwysers moet by Saro geregistreer wees.

Sou ’n student in sy of haar finale jaar wees en reeds begin aansoek doen vir werk, word hulle voorlopig geregistreer en later volledig.

Meer oor:  Onderwysers  |  Naptosa  |  Misdaadgeskiedenis  |  Saro
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.