Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Swaar reën hele week in Gauteng verwag
Twee eende stap Sondagoggend in Heritage Hill, Irene, saam met ‘n krap oor die pad. Foto: Sarel van der Walt

Gautengers moet nog nie hul reënjasse wegbêre nie. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku dat swaar reën nog dié week oor die provinsie gaan uitsak.

Stormweer veroorsaak reeds sedert Vrydag chaos in die provinsie. Die lyke van drie jong seuns is Saterdag in ’n stormwaterdrein in Hammanskraal naby Pretoria gekry. Daar word vermoed hulle het verdrink.

Kgolofelo Mahlangu, weervoorspeller by die SAWD se kantoor in Pretoria, sê swaar donderstorms word Sondag in die laatmiddag verwag.

Sedert Vrydagaand het reënmeters by Unisa se hoofgebou 115 mm reën aangeteken en by die proefplaas van die Universiteit van Pretoria is 81 mm aangeteken.

In Irene aan die buitewyke van Centurion het 37 mm geval.

Meer suid het dit minder gereën met sowat 12,4 mm wat by die O.R. Tambo-lughawe aangeteken is.

In Sandton het Saterdag 17,1 mm geval en by die Johannesburgse Botaniese Tuin in Emmarentia 7,2 mm.

Sr. supt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê drie mense is Saterdagaand op paaie dood.

’n Motoris is naby die Grasmere-tolhek dood terwyl ’n ander een in Turffontein in die suide van Johannesburg dood is nadat hy teen ’n paal vasgery het.

’n Voetganger is ook in die Johannesburgse middestad doodgery.

Minnaar sê dit is onseker of die voorvalle toegeskryf kan word aan die slegte weersomstandighede.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het Sondagoggend gesê geen ernstige voorvalle is Saterdagaand aangemeld nie.

Die SAWD en Gautengse verkeerspolisie het motoriste gewaarsku om versigtig te wees op die gladde paaie.

Meer oor:  Reënweer  |  Weervoorspelling  |  Vloede  |  Gauteng  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.