Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pa en seun van Tafelberg gered

’n Pa en sy seun is Saterdagoggend per helikopter van Tafelberg gered.

Johann Marais, woordvoerder van Wildernes-soek-en-redding (WSR), sê hulle het om 09:20 ’n oproep gekry dat die klimmers hulp nodig het.

“Hulle het gaan bergklim en op ’n skuinste van die berg beland wat dit vir hulle moeilik gemaak het om verder te klim.

Kort nadat ons die oproep gekry het, is die helikopter ontplooi en het so 15 minute na hulle gesoek.”

Marais sê die pa en seun is omstreeks 10:20 naby die tweede waterval by Duiwelspiek gevind.

Lede van die WSR het hulle gehelp om by ’n veilige punt op die berg te klim.

Die helikopter het intussen gaan brandstof ingooi en die pa en seun op die berg gaan haal.

“Hulle was ongedeerd en alles was teen 13:00 verby.”

Meer oor:  Tafelberg  |  Redding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.