Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
MyCiTi-bus in ligte laaie
Brandweerbeamptes blus die brandende MyCiTi-bus.

Net die verskroeide wrak van ’n MyCiTi-bus staan by die busstasie in Hertzog-boulevard in Kaapstad nadat dit Saterdagoggend aan die brand geslaan het.

Die brand is blykbaar deur ’n tegniese fout veroorsaak.

Maxine Bezuidenhout, verkeerswoordvoerder van die metro, sê die bus het omstreeks 07:00 Saterdagoggend aan die brand geslaan, ’n klipgooi van die Naspers-sentrum af.

“Die brand is so gou as moontlik geblus en niemand is beseer nie,” sê Bezuidenhout.

Die bus het byna heeltemal uitgebrand.

Volgens Edward Bosch, woordvoerder van die Kaapstadse brandweerdiens, is die brandweerdiens omstreeks 07:00 na die MyCiTi-busstasie ontbied waar hulle die bus in ligte laaie aangetref het.

“Danksy spoedige aksie van die Roelandstraat- en Brooklyn-brandweerstasie het die brandweerpersoneel binne ’n halfuur die vlamme geblus.”

Hy sê geen beserings is aangemeld nie.

“Die bus is egter erg in die vlamme beskadig.”

Die oorsaak van die brand is volgens hom nog onbekend.

Opruimingswerk aan die beskadigde stasie was blitsig aan die gang. Foto: Liam Fraser

Meer oor:  Myciti
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.