Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gamsberg: Een mynwerker steeds vermis
Grond en rotse van die westelike wand by die suidelike groef van die Gamsberg-oopgroefmyn het bo-op myntoerusting en tien mynwerkers neergestort. Foto: Verskaf

Daar is steeds geen teken van die laaste mynwerker wat in die Gamsberg-oopgroefmyn in Aggeneys in die Noord-Kaap vasgekeer is nie.

Tien mynwerkers is vroeg Dinsdagoggend in die myn vasgekeer toe die westelike wand van die suidelike groef van die myn weens ’n geotegniese fout ineengestort het.

Agt van die werkers is later die oggend gered en met helikopters na ’n hospitaal geneem.

Die lyk van Melvin Saal (45), ’n laaivoorman, is laat Donderdagmiddag deur lede van die soek-en-reddingspanne in die puin gevind.

Die bestuur van Vedanta Zinc International (VZI), eienaars van die myn, het Saterdag gesê die reddingspoging na die laaste werknemer gaan onverpoos voort.

“Ons doen alles binne ons vermoë om ons kollega te vind.”

Bedrywighede by die myn is Dinsdag onmiddellik gestaak en is steeds opgeskort terwyl daar na die vermiste werknemer gesoek word. Honde, hommeltuie en verskeie soek-en-reddingspanne neem aan die soektog deel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.