Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 seuns dood in stormwaterdrein gevind
Hammanskraal buite Pretoria. Foto: Wikipedia

Twee tienjarige seuns en ’n negejarige seun, is Saterdag dood in ’n stormwaterdrein in Hammanskraal buite Pretoria gevind.

Die stormwaterdrein was in aanbou naby die Tambo-wisselaar en die verkeersdepartement.

Thabo Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-metro, sê dit is nog onduidelik wat gebeur het.

Dit het wel Vrydag en Saterdag heelwat gereën in die gebied.

Volgens Mabaso het die seuns dalk in die omgewing gespeel toe hulle deur stormwaters meegesleur is. Die polisie stel ondersoek in na die oorsaak van hul dood, sê hy.

Paramedici het die drie seuns op die toneel dood verklaar.

Meer oor:  Hammanskraal  |  Storm  |  Dood  |  Sterfte  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.